kourtney kardashian
Het jy gehoor?

GERUG: Kourtney Kardashian en Justin Bieber ’n paartjie

 

Dis baie mense se nagmerrie – een van die Kardashians en Justin Bieber wat ’n verhouding aanknoop. En volgens US Weekly is dit presies wat nou gebeur.

’n Bron vertel Justin spog by vriende dat hy en Kourtney die afgelope paar maande baie gemaklik raak. ’n Ander bron voeg by hulle twee is al vir ’n geruime tyd saam. Hulle flirt en stuur glo ook die konstant boodskappe aan mekaar.

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Die 21-jarige musikant en 36-jarige realiteitster is Vrydagaand saam afgeneem toe hulle in Hollywood kuier.

Volgens People is die verhouding glad nie ernstig nie en hulle albei het net pret. Justin is ’n familie-vriend van die Kardashians. Hier is hy met Kourtney se oudste kind, Mason, afgeneem.

Mason is cool as a fan

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Maar daar was in die verlede ook al sprake dat Justin en Kourtney se jonger halfsuster, die model Kendall Jenner, in ’n verhouding is.

Kourtney en haar eks Scott Disick se paadjies het in Julie geskei. Hulle het drie kinders saam, Mason (5) Penelope (4) en Reign (11 maande).

Bronne: People en US Weekly

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!