FOTO: Instagram katyperry

FOTO: Instagram katyperry

Het jy gehoor?

GERUG: Nuwe liefde vir Katy Perry en Kendall Jenner

Danksy twee bekende mans het beide Katy Perry en Kendall Jenner glo weer liefde gevind! 

Die afgelope drie jaar is Katy en die mede-sanger John Mayer se verhouding ’n geval van ou liefde roes nie. Die een oomblik skei hul paadjies en die volgende oomblik is hulle weer saam. Volgens Hello! het hulle oor die naweek mekaar na die Girls-aktrise Allison Williams se troue vergesel en hande vasgehou.

Allison, ’n gemeenskaplike vriendin van die paartjie, was die toonbeeld van styl in dié Oscar de la Renta-skepping.

A photo posted by Allison Williams (@aw) on

Dan het ons ook skaars ’n maand gelede berig dat Kendall met die sanger Nick Jonas verbind is en nou sê Daily Mail dat dié 19-jarige realiteitster en die akteur Orlando Bloom (38), mekaar glo in die geheim sien.

Die twee is in Julie by ’n filmvertoning afgeneem waar hulle omtrent vir mekaar gekoer het. Kendall het nog geen foto’s van Orlando met die publiek gedeel nie, maar plaas graag foto’s met haar vriendinne op haar Instagram-blad.

  A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook