Robert Pattinson
Het jy gehoor?

GERUG: Robert Pattinson weer enkellopend

Die Twilight-akteur Robert Pattinson en die sangeres FKA twigs het glo gister ná ’n hewige stryery hul verlowing verbreek, berig Hollywood Life

Besige, botsende skedules het dié paartjie, wat sedert Augustus 2014 saam is, se langafstandverhouding selfs nóg moeiliker gemaak.

’n Bron vertel hoewel FKA van trou en kinders gedroom het, is Robert se ouers verlig dat dié twee uitmekaar is. Hulle het glo nooit gedink sy is die regte vrou vir hul seun nie.

Volgens Counsel & Head doen gerugte die ronde dat Robert en sy voormalige meisie en mede-Twilight-akteur, Kristen Stewart, in die toekoms weer saam aan ’n fliek gaan werk. Dis onseker of dít ’n rol gespeel het.

Bronne: Hollywood Life en Counsel & Head

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting