FOTO: Instagram letthelordbewithyou

FOTO: Instagram letthelordbewithyou

Het jy gehoor?

GERUG: Scott Disick se 18-jarige meisie

Keeping up with the Kardashians se Scott Disick en Kourtney Kardashian het sowat drie maande gelede hul verhouding beëindig, maar volgens Entertainment Tonight het Scott reeds nuwe liefde gevind in die arms van ’n 18-jarige blonde model. 

Die 32-jarige pa van drie en die 18-jarige Lindsay Vrckovnik is al ‘n paar keer saam afgeneem en Scott is glad nie skaam om haar in die openbaar vas te hou of te soen nie. ’n Bron vertel dat die twee definitief soos ’n paartjie optree.

Kliek HIER vir foto’s

Volgens Hollywood Life dink Kourtney dit is belaglik dat Scott ’n verhouding het met iemand wat 14 jaar jonger as hy is en sy glo dit wys hoe onseker hy van homself is.

Scott en Kourtney het drie kinders saam: Mason (5), Penelope (3) en Reign (9 maande).

Bronne: Entertainment Tonight en Hollywood Life

Lees ook