15850562
Het jy gehoor?

Gesin deurweek met wit verf na motor-ongeluk

’n Gesin van vier was heeltemal deurweek met wit verf nadat hulle in ‘n motor-ongeluk was in hulle blou Fiat. Dit het by ’n groot kruising plaasgevind naby Germany, wes van Durban in KwaZulu-Natal. Hulle was oppad huistoe met ’n reuse 25 liter DIY-verfblik op die agtersitplek. Die impak van die ongeluk het glo veroorsaak dat die deksel van die verfblik oopbars, wat die verf in alle rigtings laat spat het. Lees meer hieroor op news.sky.com.

Metro.co.uk het berig dat die gesin mekaar verbaas aangekyk het toe hulle uit die kar geklim het. Soos hulle langs die pad gestaan het, het heelwat voetgangers en motoriste gestop om dié petalje te aanskou. Dit het ’n groot verkeers-opeenhoping veroorsaak.

Foto’s: news.sky.com