Het jy gehoor?

Gesoek: SA se supermodel

Jy kan met vrymoedigheid vir John Casablancas Mnr. Model noem. Hy’s immers die stigter en hoofuitvoerende beampte van die wêreldbekende Elite model-agentskap – wat van die wêreld se top- supermodelle gevind en bestuur het. En jy ken hulle almal: Cindy Crawford, Linda Evangelista, Gisele Bündchen, Claudia Schiffer, Naomi Campbell, Stephanie Seymour, Heidi Klum, Tyra Banks, Adriana Lima, Monica Bellucci, Iman, Andy
MacDowell, Demi Moore, Uma Thurman en Cameron Diaz.

En raai wat? Hy’s terug in SA op soek na dáái meisie met die X-faktor – een wat dalk die wêreld se volgende supermodel kan wees.

Sy verhouding met SA het reeds by Anneline Kriel (Mej. Wêreld, 1974) en Margaret Gardner (Mej. Heelal, 1978) begin, en meer onlangs toe hy die Nigeriese supermodel Oluchi by die Face of Africa-skoonheidswedstryd verteenwoordig het.

Casablancas en sy vriend Jeremie Roux het die JOY STARSYSTEM vroeg vanjaar gestig. Hulle het basisse in al die wêreld se hoofstede, en dis hul doel om nuwe modelle regoor die wêreld te ontdek. Die JOY STAR MODEL-kompetisie is toe geloods.

Dít moet jy weet

Op 14 November kom die JOY STAR MODEL / Suid-Afrika 2009 na SA.
Die wenner kry ‘n kontrak by JOY STARSYSTEM en haar modelloopbaan begin met ‘n reis na Milaan, ‘n volledige portefeulje en ‘n toetslopie by ‘n top-modelagentskap.
Besoek www.joystarmodel.co.za of stuur ‘n e-pos na beamodel@joystarmodel.co.za