saskia_2076683a
Het jy gehoor?

Pirelli-kalender vir 2012 bekend gestel

Die foto’s vir die kalender is op die eiland Korsika deur die Italiaanse fotograaf Mario Sorrenti geskiet, en lede van die media, bekendes en invloedryke persone was die gelukkiges om ‘n voorsmakie te kry.

Die kalender word nie te koop aangebied nie en word jaarliks deur die Italiaanse motormaatskappy Pirelli aan koninklikes, beroemdes en invloedrykes geskenk gegee.

Sorrenti het aan die modeblad Women’s Wear Daily gesê hy wou nie hê die foto’s moes sexy wees nie, net natuurlik en smeulend. “Ek het die modelle se liggame regstreeks in kontak met die natuur geplaas sodat dit lyk asof hulle deel vorm van die natuurlike habitat. Rotse, bome, lug en die see maak ’n groot deel van die foto’s uit.”

Van die skoonhede wat in die kalender te sien is, is die Britse model Kate Moss en die Amerikaanse aktrise Milla Jovovich.

Klik hier vir ‘n voorsmakie van die 2012 Pirelli-kalender. (Voor jy klik, onthou dat die kalender naakfoto’s bevat)

  • Soekie

    Daar word altyd gepraat oor te maer modele en die meisies ly dan aan anereksia, om dat hul ook so wil lyk. Ai ai. Maar moet se as ek ook maar weer so kon lyk. Ouderdom is n lelike ding. Baie mooi modele.

  • Rocky Bell

    Ek wens so ek kan een van hierdie "kaalenders" in die hande kry.

  • Adoons

    Ek het nog laasjaar se kalender. :))

  • Chrono

    Nie naastenby van dieselfde standaard as Pirelli 2011 nie!

  • Antoinette

    Ek hoop rerig nie Sarie ondersteun die tipe kalenders nie. Os sou dit nie as porno geklassifiseer word nie. Geen meisie wat kaal poseer, kan respek hê vir haar liggaam nie. Waar is die Christelike beginsels dan

  • Biltong

    Ag foeitog. Hulle het seker spanne mense gehad wat die aasvoëls weggejaag het vooordat hulle die foto’s kon neem. Wens iemand wil tog iewers ‘n kaalender maak met ronder en gesonder lyfies.

  • WILLY

    Jinne… Bring maar ENIGE TYD vir Bernard Jordaan!

    Hierdie is maar ‘n powere poging… om die minste te sê… Bernard s’n sou jou sommer oopbek laat staar het! En, dan het hy sommer van ons plaaslike modelle gebruik… op Clifton se prag strand!

    Valentino, sê net as jy Bernard se kontakbesonderhede soek!

    Ek sê maar net!

    Suid-Afrikaners is en bly pragtige mense!

  • DJ Krummelpap

    Antoinette jy praat LOUTERE nonsens! Ek dink juis ‘n meisie wat kaal poseer het baie respek vir haar liggaam! Ek dink jy’s net suur oor jy nie so hot soos hierdie girls is nie….

  • Chris J

    Dit lyk soos my vrou!!!! Op 43 jarige ouderdom kan van hierdie modelle maar net wens hulle het so lyf..en sy is nie eers op ‘n dieet nie!!! Heeltemal gesond…en haar dogters 400m hekkies rekord staan nog steeds by die plaaslike hoerskool…hoekom moet ek die kalender koop as ek so vrou het?????

  • Martin

    Ai,julle dames moet nie so jaloers wees nie.

  • Manfred

    Ek kyk nie eers nie, as ek wil sien vra ek sommer my vrou, sy is maar te gewillig om vir my te "pose"

  • Lydia

    waar is die kalender vir dames – enkel ouer