Het jy gehoor?

Gewilde akteurspaar saam in 7de Laan

Ciske Kruger, of liewer Botha, het pas klaar geskiet aan ʼn splinternuwe storielyn in 7de Laan wat vroeg in die nuwe jaar op die lug sal wees.

Sy en manlief, Ivan, het al ʼn paar keer saamgewerk aan projekte soos Superhelde en Bakgat 1 & 2, maar dis die eerste keer dat hulle saam in die Laan te sien sal wees.

Hoewel haar karakter niks te doen het met Ivan s’n nie, was dit vir die twee heerlik om saam op stel te wees.

Ivan vertolk die rol van Pieter van Heerden.

“’n Mens kry darem kans om tussen ateljeesessies op die dek te gesels oor ʼn koppie koffie of saam met akteursvriende oor middagete in die kantien te ontspan,” sê sy.

In hierdie rol moet die kykers hulle glad nie laat flous deur die broosheid van dié fyn donkeroog blondekop nie. Haar karakter, Mariëtte, is ʼn baie skerp en vasberade jong vrou – een met ʼn verskuilde agenda wat niks goeds beloof vir een van die bekende 7de Laan karakters nie.

Maar om te sien of sy in haar doel gaan slaag, sal jy maar tussen 30 Desember 2011 en 23 Januarie 2012 op SABC 2, weeksdae om 18:30 op 7de Laan moet inskakel.

  • Elize

    Uiteindelik iemand wat vir Gita sal kan ore aansit en koud sit!!!

  • Susan Kruger

    ek hoop ook sy gaan vir Gita ore aan sit en vir paula op haar plek sit….die twee is ergste in die Laan..Susan

  • D Malan

    Asseblief!!!! Laat dit Gita wees. Hoe kan een mens met soveel boosheid wegkom!!!

  • Leoni Sim

    Niks tedoen met die laan self nie.
    Maar ek wil asb van die geleentheid gebruikmaak om net aan SARIE en die meisies van die laan te vra of julle kan help met skenkings van aandrokke aan die Abraham Kriel kinderhuis se matriek meisies.
    Dit is eersdaags hulle afskeid en hulle wil ook graag mooi leik, of hoe?

    Asb enige iemand wat ‘n ou aandrok het, skenk dit asb, dit kan net iemand se hart baie gelukkig maak.

    Ek stel voor U kontak die huis self vir inligting aangesien ek dit ook deur ‘n vriendin gehoor het.

    Byvoorbaat baie dankie aan almal wat sal help

    Groete

    Leoni Sim (Centurion)