Leighton Meester FOTO: Instagram  itsmeleighton

Leighton Meester FOTO: Instagram itsmeleighton

Het jy gehoor?

Gewilde akteurspaar trou in geheim

As jy ’n aanhanger van die reekse Gossip Girl en The O.C. is, was die nuus van Leighton Meester en Adam Brody se verlowing verlede jaar vir jou goeie nuus. En nou berig US Weekly dat dié paartjie in ’n geheime seremonie getrou het.

Net sowat 3 maande nadat die Gossip Girl-ster Leighton en The O.C se Adam Brody verloof geraak het, is hulle blykbaar in ’n hoogs-geheime seremonie getroud.

Adam Brody van The O.C  (FOTO: Instagram)

Adam Brody van The O.C
FOTO: Instagram

Nie een van hulle het al ooit hul verhouding bevestig nie, maar hulle is in Suid-Afrika afgeneem waar hulle hande vashou en soen – iets wat hulle nooit in die publiek doen nie – lees dié storie hier.

Dit lyk nie asof enige publikasie dié troufoto’s van dié geheimsinnige paartjie gaan kry nie.

Aan die ander kant van die spektrum staan Kim Kardashian wat niks van haar verlowing en troue aan die sanger Kanye West geheim hou nie.

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Volgens TVNZ is Kim bekommerd oor dié seremonie wat in Parys gaan plaasvind. Blykbaar beplan manlief Kanye, wat ook ’n mode-ontwerper is, ’n groot geleentheid en betrek haar nie by sy planne nie. Hy wil glo alle grense van wat ’n troue behoort te wees, oorskry.

Die episode van Keeping up with the Kardashians waartydens Kanye vir Kim vra om te trou is die week in Amerika uitgesaai.

Kim se verloofring FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Kim se verloofring
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Hier is die nie-professionele video van die verlowing:

Bronne: US Weekly en TVNZ