Shakira en haar kêrel Gerard Pique
FOTO: Instagram (@shakira)

Shakira en haar kêrel Gerard Pique FOTO: Instagram (@shakira)

Het jy gehoor?

Gewilde paartjie se groot babanuus

Shakira verwag blykbaar haar en die Spaanse sokkerspeler Gerard Piqué se tweede baba, berig Latino Post. Lees die volledige artikel hier.

Die sangeres, wat by die Wêreldbeker-sokkertoernooi se afsluiting gesing het, is glo reeds drie maande swanger met die paartjie se tweede baba. Shakira en Gerard se eersteling, Milan, het in April een jaar oud geword.

Sy het in ’n onlangse onderhoud vertel sy sou reeds weer swanger gewees het as dit nie vir al haar musiekprojekte was nie.

Shakira, Gerard en Milan. Die paartjie se eersteling is 15 maande oud FOTO: Instagram (@shakira)

Shakira, Gerard en Milan. Die paartjie se eersteling is 15 maande oud.
FOTO: Instagram (@shakira)

“Ek sal mal wees daaroor om agt of nege kinders saam met Gerard te hê – my eie sokkerspan,” het die sangeres gesê.

Shakira, ’n groot sokkergeesdriftige, dra gewoonlik sexy en stywe klere, maar met die Wêreldbeker in Brasilië het haar voller figuur en die (meer) konserwatiewe rooi rok wat sy by die afsluitingseremonie gedra het, gerugte van haar swangerskap aangewakker.

Voor die einstryd by vanjaar se Fifa Wêreldbeker tussen Duitsland en Argentinië FOTO: Instagram (@shakira)

Voor die einstryd by vanjaar se Fifa Wêreldbeker tussen Duitsland en Argentinië.
FOTO: Instagram (@shakira)

Die “Waka Waka”-sangeres het glo ook tydens die afgelope Wêrelbeker gesê sy sal ewig dankbaar wees vir die toernooi wat in 2010 in Suid-Afrika gehou is.

“Ek sal nooit vergeet dat ek die liefde van my lewe by die Wêreldbeker ontmoet het nie.”

Bron: Latino Post

Nóg baba-nuus op SARIE.com