Het jy gehoor?

Gewilde radio-omroeper Gareth Cliff se laaste dag agter die 5FM-mikrofoon

Die radiostasie 5FM het vanoggend in ’n persverklaring gesê dat hul gewilde omroeper en Idols SA-beoordelaar Gareth Cliff dié stasie verlaat.

“5FM is hartseer om bekend te maak dat Gareth Cliff ons teen einde Maart 2014 ná 10 jaar gaan verlaat.”

Gareth en dié stasie is glo op goeie voet uit mekaar. Volgens die persverklaring gaan Gareth opwindende geleenthede nou aangryp.

Toe Gareth dié nuus vanoggend op sy program aankondig was baie luisteraars en aanhangers verras. Gareth was die afgelope paar jaar die stem van die oggendprogram tussen 06:00 – 09:00.

Gareth het verlede jaar aan SARIE gesê dat radio sy lewe is. Hy het vroeër vanjaar saam met groot name soos Morgan Freeman en Bill Clinton hulde aan Nelson Mandela in New York gebring. Hy het met SARIE.com oor dié geleentheid gesels – lees die onderhoud hier.

Soos van Gareth verwag kan word, is sy laaste uitsending vanoggend grappig en vol verrassings.

Hy het gisteraand getwiet dat hy vanoggend “opwindende dinge” het om vir die luisteraars te vertel. Vanoggend voor sy laaste program het hy dít getwiet:

Hier is wat mense op Twitter oor sy laaste dag  sê: