FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Gideon Lombard groet SA

Die akteur Gideon Lombard het Suid-Afrika gegroet en op ’n vliegtuig geklim na Argentinië in Suid-Amerika. Gelukkig is dit nie permanent nie, want hy is Oukersaand, 24 Desember, weer terug in die land! Wat gaan maak hy dan in die land van tango, Lionel Messi en die Iguazu-waterval? Iets besonders.

Gideon gaan die assistent-regisseur wees van ’n grootskaalse produksie van George Gershwin se opera Porgy and Bess. Die produksie sal by die Teatro Colon in Buenos Aires opgevoer word onder begeleiding van ’n simfonie-orkes met 100 lede! Gideon speel self ook in die opera.

“Ek is verskriklik opgewonde om aan die produksie te werk. Ek het my loopbaan met musiekstudies begin,” het Gideon vertel, terwyl hy op O.R. Tambo-lughawe gewag het.

Is daar iets wat Gideon nié kan doen nie?

Die afgelope jaar het ons hom gesien as die karakter Stefan Gerber in die kykNET-sepie Suidooster.

Screen Shot 2016-10-13 at 8.10.54 AM

FOTO Verskaf

Screen Shot 2016-05-09 at 9.46.07 AM

FOTO Verskaf

En vroeër vanjaar het hy die regie behartig en teks verwerk van Nagwandelaars, ’n toneelstuk gebaseer op C.J. Langenhoven se spookstories. Die produksie is by vanjaar se KKNK opgevoer. Hy sal ook volgende jaar by die KKNK te sien wees in die solovertoning en verwerking van Mark Behr se bekroonde roman Die reuk van appels. 

Maar tot tyd en wyl gaan hy vir ’n maand in Suid-Amerika wees.

“Twee weke saam met die produksie. En daarna gaan ek vir twee weke saam met twee goeie vriende toer. Ek sien regtig uit daarna!”

En gaan hy die vurige tango in die strate van Buenos Aires aanpak? “Beslis! Ek kan darem tango,” lag Gideon.

Vir dié akteur is die musiekwêreld nie vreemd nie, want dís immers waar sy wortels lê.

“Ek het eers musiek geswot, toe filosofie, toe film. Dis altyd vir my lekker om iets van als te doen. Ek bly maar lekker besig.”

En eendag die regie van ’n groot operaproduksie alleen behartig? “In die toekoms beslis! Maar nou is daar te veel goed wat my aandag verg en waaraan ek werk.”

Tot dan kuier Gideon darem nog in Suidooster!

Lees nou

Seuns, meisies se brein verskil ná trauma

Ontwerp self jou unieke trou-skoene

Uiteindelik – Fantastic Beasts is hier!