FOTO: Instagram gigihadid

FOTO: Instagram gigihadid

Het jy gehoor?

Gigi Hadid kap terug ná kritiek op haar lyf

Met haar lang bene en blonde hare is die model Gigi Hadid vir baie die toonbeeld van skoonheid, tog was sy ook n slagoffer van internet-boelies. Die 20-jarige het sosiale media gebruik om hulle aan te vat. 

“Sy is so vet” en “Jy moet werk aan hoe jy op die loopplank stap!” was van die negatiewe kommentaar onderaan dié foto wat Gigi sowat twee weke gelede gedeel het.

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Sy het gister met dié Instagram-boodskap teruggekap: “… Ek is ’n mens en ek gaan nie jok nie, die negatiwe kommentaar het my seergemaak …  My liggaam is nie dieselfde as ander modelle s’n nie … Ek werk hard en ek het selfvertroue …”

Jou nare kommentaar veroorsaak nie dat ek my lyf wil verander nie.

“Dit maak nie dat ek ‘nee’ wil sê wanneer ontwerpers my vra om deel van hul vertonings te wees nie … As jy nie van my hou nie, moet my dan nie op sosiale media volg of na my kyk nie, maar ek gaan nêrens nie … Ek is trots op my lyf …” 

Die boodskap het al meer as 250 000 likes en duisende van haar aanhangers het positiewe kommentaar daarop gelewer: “Ek kon dit self nie beter gestel het nie. Wel gedaan. Ek wens daar was meer modelle soos jy,” het een geskryf. 

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Gigi het haar boodskap op dié positiewe noot geëindig: “Ek hoop almal kan op ’n plek kom waar hulle liewer oor goed sal praat wat hulle inspireer pleks daarvan om ander te kritiseer …”

Lees ook