gilmore girls
Het jy gehoor?

‘Gilmore Girls’ weer op die lug

Die gewilde TV-reeks Gilmore Girls gaan agt jaar ná die sewende en finale reeks geëindig het, weer episodes skiet vir die aanlyn netwerk Netflix, berig Entertainment Weekly.

Volgens TV-line het Warner Bros ’n kontrak geteken wat Gilmore Girls vir 90 minuut lange episodes sal laat herleef. Die oorspronklike vervaardigers en skrywers, Amy Sherman-Palladino en Daniel Palladino, wat nie by die sewende reeks betrokke was nie, sal weer aan stuur van sake wees.

Die meeste van die oorspronklike akteurs, insluitend die hoofrolspelers Lauren Graham (Lorelai) en Alexis Bledel (Rory), sowel as Kelly Bishop (Emily) en Scott Patterson (Luke), sal weer in die nuwe reeks te sien wees.

Ongelukkig word daar bespiegel dat Melissa McCarthy nie sal terugkeer as Snookie nie, want haar program is te vol.

Vir die skrywer Amy, wat weens ’n onderonsie met Warner Bros nie die sewende reeks kon laat eindig soos sy aanvanklik beplan het nie, is dit nou haar geleentheid om kykers háár weergawe van die einde te wys.

Lauren Graham het getwiet oor die onderhandelings wat nog nie 100% afgehandel is nie. Die belangrikste is dat sy dit ten minste nie ontken nie!

Ons kan nie wag nie!

Bronne: Entertainment Weekly en TV-line

Lees ook