Alexis Bledel
Het jy gehoor?

Gilmore Girls se Alexis Bledel glo swanger

Die akteurspaar Alexis Bledel van Gilmore Girls-faam en Vincent Kartheiser wat bekend is vir sy rol in Mad Men gaan een van die dae ouers wees, berig Celebuzz

Volgens ’n bron is hulle verheug oor die nuus, maar hulle het dit nog nie self bevestig nie. Hulle het wel reeds hul familie en naaste vriende ingelig, het die bron gesê.

 

Bustle meen egter die storie is slegs ’n gerug, aangesien Alexis se verteenwoordiger nog nie die babanuus bevestig het nie.

Alexis en Vincent is verlede jaar tydens ’n intieme seremonie getroud.

Alexis het ook gespeel in Mad MenThe Sisterhood of the Traveling Pants en die reeks Us & Them.

Ander bekendes wat ook binnekort ouers word, is die plaaslike sangeresse Riana Nel, Elizma Theron en Sorina Erasmus, die aktrise Ciske Kruger, Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, prins Carl Philip en prinses Sofia van Swede, die sanger John Legend en sy vrou, die model Chrissy Teigen, die sangeres Kelly Clarkson en die realiteitster Kim Kardashian.

Bronne: Bustle en Celebuzz

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!