Ginnifer Goodwin FOTO: Gallo Images / Getty Images)

Ginnifer Goodwin FOTO: Gallo Images / Getty Images)

Het jy gehoor?

Ginnifer Goodwin is weer swanger én sy het ’n nuwe haarstyl

Die aktrise Ginnifer Goodwin, wat veral bekend is vir haar rol in Big Love, is swanger met haar tweede kind, berig Popsugar.

Sy en haar man, die akteur Josh Dallas, se eersteling, Oliver, is in Mei 2014 gebore.

Josh het vroeër vanjaar in ’n onderhoud gesê Ginnifer is ’n baie goeie ma, berig People. Dit was vir hom fassinerend om te sien hoe Ginnifer skielik die rol as ma aanneem en dit van dag een af uitstekend regkry. Hy sê sy is die beste ma wat hy ken.

Ginnifer se hare lyk ook deesdae anders. Haar kenmerkende kort haarstyl is nou liggrys gekleur.

LEES: Grys hare is nou in! 

 

Hou jy van Ginnifer se grys hare?

  • Ja
  • Nee

Lees ook