Het jy gehoor?

Giorgio Armani gee water vir behoeftiges en jy kan help

Die projek, die Acqua for Life Challenge, is in samewerking met Groen Kruis Internasionaal en fokus daarop om bewustheid te skep vir mense wat nie toegang tot skoon drinkwater het nie.

Vir dié doel het Armani ingewillig om twee van sy bekendste parfuums, Acqua di Gio en Acqua di Gioia, beskikbaar te stel in ‘n poging om ‘n minimum van 40 miljoen liter water wêreldwyd aan veral kinders te verskaf.

Elke bottel wat verkoop word, sal ‘n donasie van 100 liter water per jaar aan minder bevoorregte mense beteken.

Mense sal ook op die verpakking van die bottel genooi word om aanlyn ‘n bydrae te lewer.

Die hoogtepunt van hierdie veldtog is Wêreld-Waterdag op 22 Maart en die projek gaan aan tot einde Mei 2011.

So doen jou deel, koop jou bottel Acqua di Gio of Acqua di Gioia en help so mense wat nie die voorreg het om daagliks toegang tot skoon water te hê nie – die grondslag van goeie gesondheid en goeie voedselbronne. Dit behoort nie nodig te wees vir mense om kilometers te loop vir dié basiese behoefte nie.

Vir meer inligting oor hierdie projek, besoek www.acquaforlifechallenge.org en kyk hoeveel liters water tot dusver verskaf kan word.