dragontattoo
Het jy gehoor?

Nuwe Girl with the Dragon Tattoo is hier

Dus was dit geen verrassing dat die aktrise Rooney Mara die koppe laat draai het by die rolprent-première nie, berig the dailymail.co.uk. Alhoewel haar elegante wit Givenchy-rok nie noodwendig iets is wat Lisbeth Salander, die hoofkarakter in die fliek, sou dra nie, het sy pragtig gelyk by Londen se Odeon Leicester Square op 12 Desember.

Lisbeth se styl is rock-punk, en Rooney het tog elemente daarvan ingespan met haar lelieblanke vel, kontrasterende pikdonker hare en die stompgesnyde kuif.

Die Sweedse modewinkel H&M het glad ‘n klerereeks uitgereik wat op die vrystellingsdatum van die fliek beskikbaar sal wees.  

Daniel Craig, van James Bond-faam, speel teenoor Rooney. Hy vertolk die rol van ’n joernalis, Mikael Blomkvist, wat saam met die kuberkraker Lisbeth Salander probeer uitvind hoe’n vrou 40 jaar vantevore verdwyn het.

The Girl With the Dragon Tattoo is gebaseer op die eerste boek uit die Sweedse skrywer Stieg Larsson se trilogie wat al oor die 60 miljoen eksemplare verkoop het. In 2009 is ‘n Sweedse fliek van The Girl With The Dragon Tattoo uitgereik.

Die Oscar-bekroonde David Fincher, wat The Social Network gemaak het, is die regisseur van die nuwe weergawe, en die kritici meen dié fliek gaan hoog op die lys wees by volgende jaar se Oscar-benoemings.

The Girl With the Dragon Tattoo begin 6 Januarie 2012  in teaters landswyd draai.