FOTO Instagram / @giselebundchen

FOTO Instagram / @giselebundchen

Het jy gehoor?

Wat dóén Gisele die naweek in Rio?

Sy is die wêreld se hoogs betaalde supermodel en een van Brasilië se grootste uitvoerprodukte. Dat Gisele Bündchen deel gaan wees van die Olimpiese Spele se openingseremonie in Rio, is dus as’t ware vanselfsprekend.

Daar was kubergerugte dat Gisele in die seremonie beroof sou word. Maar die filmmaker en kreatiewe regisseur Fernando Meirelles het gou dié stories nek omgedraai.

Hy het aan die Washington Post verduidelik dit was veronderstel om ’n komiese toneel te wees met ’n seun wat na Gisele toe hardloop en ’n selfie saam met haar probeer neem. Ongelukkig het Gisele se sekuriteitspersoneel hom weggejaag voordat hy die selfie kon neem. Meirrelles het besef dis nie snaaks nie en het dit toe uit die program gesny, berig Daily Mail.

Gisele se presiese rol in die seremonie is nog ’n geheim. Maar Meirrelles sê sy sal, soos altyd, die kollig steel.

Nova campanha da @colccioficial New Colcci campaign.

A photo posted by Gisele Bündchen (@gisele) on

Gisele is in 1980 in Três de Maio, Brasilië, gebore. Sy is sedert 2009 getroud met die Amerikaanse sportster Tom Brady en die paartjie het twee kinders.

Sy was ‘Gesig van die maand’ vir SARIE se Februarie 2016-uitgawe.

In haar 20 jaar op die loopplank het sy al op meer as 120 Vogue-voorblaaie gepryk. En die laaste nege jaar is sy bo-aan Forbes se lys van die wêreld se hoogs betaalde modelle. Vogue Italia het al van haar gesê: “Sy is die koning Midas van die modewêreld. Alles waaraan sy raak, verander in goud.” Inderdaad die definisie van’n supermodel. Maar Gisele is méér as net mooi.

Sy glo in ’n gesonde en volhoubare leefstyl. Buiten dat sy gereeld foto’s waar sy joga beoefen met haar 7 miljoen volgelinge op Instagram deel, is sy ook betrokke by
verskeie filantropiese projekte wat omgewingsbewustheid aanmoedig.

Sy was al die gesig van meer as 20 internasionale handelsmerke en is sedert 2013 die gesig van Chanel se gewilde Les Beiges-grimeerreeks. Sy versinnebeeld die reeks se natuurlike skoonheid, eenvoud, vryheid en gesonde gloed.

Lees nou

5 bekendes wat gaan pa word

Olimpiese Spele: Fokus op die 100 meter