FOTO: Giselle Bundchen poseer as een van die vier modelle in Louis Vuitton se nuwe veldtog (Louis Vuitton Lente 2014)

FOTO: Giselle Bundchen poseer as een van die vier modelle in Louis Vuitton se nuwe veldtog (Louis Vuitton Lente 2014)

Het jy gehoor?

Gisele Bündchen sal nie meer op die loopplank te sien wees nie

Die supermodel Gisele Bündchen het aangekondig dat sy haar hakskoene gaan ophang. Die Brasiliaanse model sal darem net ophou met loopplankwerk en wil graag meer fokus op ander projekte, berig People.com.

“My liggaam sê vir my of wat ek doen die moeite werd is, en nou het dit gesê ek moet stop,” het sy volgens berigte gesê. Gisele het in die laat 90’s bekend geraak en was onder andere een van die Victoria’s Secret Angels.

Sy was nog altyd ingestel op haar liggaam se behoeftes en het tydens haar swangerskap gesê sy wil nie haar lyf soos ’n vullisdrom behandel nie. Sy het ’n seun, Benjamin (5), en ’n dogter, Vivian (2), en is in 2009 getroud met hul pa, Tom Brady.

Sy is verlede jaar deur Forbes aangewys as die model wat in 2014 die meeste geld verdien het – ’n fenomenale R567 miljoen.

“Deur loopplank-modelwerk te staak sal ek meer tyd hê vir my persoonlike projekte,” het Gisele gesê.