Het jy gehoor?

Giuliana en Bill Rancic se seuntjie is gebore!

Kykers kon Bill en Giuliana Rancic se infertiliteitsreis op hul gewilde E! Entertainment-realiteitsreeks, Giuliana & Bill, volg. En nou het ‘n nuwe opwindende fase in hul lewens aangebreek. Baba Edward Duke is 10:12 nm op Woensdag 29 Augustus gebore ná ‘n surrogaat hul baba vir nege maande gedra het.

“The ‘Duke’ has landed.” Só het Bill hul seun se geboorte op Twitter aangekondig. Bill het die baba se naelstring geknip en Giuliana was die eerste om hom vas te hou.

Giuliana, aanbieder van E! News en Fashion Police asook ‘n bekende op Hollywood se rooi tapyte, se stryd teen infertiliteit, ‘n miskraam én borskanker het kykers week vir week aangegryp. Bill was die wenner in Donald Trump se reeks, The Apprentice.

Ons kan nie wag vir die eerste foto’s nie.

  • Liezl

    fantasties – uiteindelik kan hul hul bondeltjie vashou en wat ‘n wonderlike mens is daardie surrogaat ma wat hul gehelp het om ouerskap te kan ervaar. Mag "The Duke" baie geluk in jul lewens bring en so ook jul in syne…..

  • Sonja

    Baie geluk met die bondeltjie vreugde mag hy vir julle net vreugde en geluk bring….

  • Anel van Rensburg

    Dit is fantasties. ek is so bly vir hulle part. Ek is gek oor Giuliana en Bill. Hulle is voorwaar n voorbeeld van gelukige paartjie. Mag jul seuntjie ( Edward Duke) vir julle GROOT vreugde en geluk bring! Julle verdien dit!! Julle gaan great ouers wees!