FOTO: Instagram ‏@GiulianaRanci

FOTO: Instagram ‏@GiulianaRanci

Het jy gehoor?

Giuliana Rancic ‘hou nie daarvan om in die spieël te kyk’

Giuliana Rancic sê sy ly nie aan ’n eetversteuring nie, maar weet dat sy te maer is. “Ek hou nie daarvan om in die spieël te kyk nie,” het die TV-aanbieder tydens ’n onderhoud bygevoeg, berig Mail Online

Die 40-jarige E!-aanbieder het dié week kwessies rondom haar gewig op The Dr. Oz Show bespreek. “Ek het die afgelope jaar baie gewig verloor en mense het die verskil begin raaksien. Glo my, ek wil nie gewig verloor nie,” het sy aan die aanbieder van die gesondheidsprogram, Mehmet Oz, gesê.

Giuliana (wat in 2011 ’n dubbele mastektomie gehad het nadat sy met borskanker gediagnoseer is) het verder verduidelik dat haar kankermedikasie vir die gewigsverlies verantwoordelik is: “Ek het meer as ooit geëet, maar steeds ál maerder geraak. Ek was benoud en het nie geweet wat met my liggaam gebeur nie.

“Mense is lief om te twiet ‘eet ’n burger’. Ek eet burgers. Dit help nie,” het sy bygevoeg.

Die werklikheidster is besig om haar nuwe boek, Going Off Script, te bemark.

FOTO: Instagram giulianarancic

FOTO: Instagram giulianarancic

Giuliana is sedert 2007 met die sakeman Bill Rancic getroud. Hul biologiese seun, Edward, is met die hulp van ’n surrogaat in 2012 gebore.

FOTO: Instagram @billrancic

FOTO: Instagram @billrancic

Bron: Mail Online

Lees ook