giuliana_en_bill
Het jy gehoor?

Giuliana Rancic met borskanker gediagnoseer

Giuliana se dokter het tydens ’n mammogram ’n knop in haar bors ontdek.

Sy en haar man, Bill, sukkel al geruime tyd om swanger te raak. Hul poging om deur middel van in vitro-behandeling ’n baba te kry, word op die Style Network uitgesaai as ’n realiteitsreeks genaamd Giuliana and Bill.

Dit was juis tydens in vitro-behandeling dat sy bewus geraak het van die gewas in haar bors. Sy is nou 37 en het nie gedink dis nodig om voor 40 vir ’n mammogram te gaan nie, maar toe haar dokter daarop aandring as deel van die behandeling, het sy ingestem.

Gelukkig is dit in ’n vroeë stadium ontdek. Sy sal binne die volgende week ’n operasie ondergaan en dan ses weke bestraling kry.

Die paartjie wil steeds ná die bestraling probeer om ’n baba te hê. Hulle het al twee in vitro-behandelings ondergaan. Die eerste het op ’n miskraam uitgeloop en die ander een was onsuksesvol.

  • Lizelle Nel

    vrouens met familiegeskiedenis van borskanker moet verkieslik vroeer gaan vir n mammogram. Ek is op 29 gediagnoseer met borskanker. Sterkte en bly net positief en biddend!

  • mariette

    my hart gaan rerig uit na hulle sy en haar hele familie is al deur so baie met die dat hulle sukkel om swanger te raak en nou dit sy is is sterk vrou en ek glo dat die Here hulle sal help om ook dit te oorkom