7de laan nuwe look
Het jy gehoor?

Goeie nuus vir 7de Laan-aanhangers

7de Laan het vandag bevestig dat hulle nóg ’n seisoen gaan verfilm. Aanhangers kan uitsien na die 17de reeks van dié gewilde sepie. 

Dit is jaarliks in dié tyd dat die besluit geneem word of die kontrakte hernu word of nie. Verlede jaar het 7de Laan 3 dae voor die afsnydatum van 31 Augustus nog nie sekerheid oor hul kontrakte gehad nie – lees HIER.

Maar vanjaar het hulle gelukkig vroegtydig dié goeie tyding gekry. En hoe dan anders met ’n splinternuwe temalied wat vroeër vanjaar bekendgestel is.

Hul publisiteitsbeampte Rosa-Mari Erasmus het gesê die span neem nou eers vir ’n week ’n blaaskans voordat hulle begin werk aan die volgende reeks.

7delaan

Lees ook