Het jy gehoor?

Goeie nuus vir Ivan Botha en Donnalee Roberts se Pad na jou hart

Ivan Botha en Donnalee Roberts se film Pad na jou hart het nie net sukses by die plaaslike loket behaal nie. Dit is ook by twee internasionale filmfeeste aanvaar!

SARIE is een van die mediaborge vir dié suksesverhaal wat sowat R11 miljoen by die ­loket verdien het en onlangs by die kykNET Silwerskermfees twee pryse gewen het: Marius Weyers is as die beste byspeler aangewys en Dwaine Faria-Carrao het die prys vir redigering gewen.

Nou is dié fliek by twee bekende filmfeeste in Noord-Amerika aanvaar: die Edmonton International Film Festival (EIFF) in Edmonton, Kanada, en die Logan Film Festival in Logan, Utah, VSA.

Dié feeste is bekend om die suksesvolle flieks wat hulle wys, veral uit die onafhanklike filmbedryf. Pad na jou hart is een uit slegs 55 internasionale films wat by die EIFF gewys word. Die EIFF-fees vind 25 September – 4 Oktober plaas en die Logan-filmfees 25 – 27 September.

Ivan Botha en Donnalee Roberts is die skrywers, mede-vervaardigers en hoofrolspelers van dié rolprent.

Ivan en Donnalee op die stel van Pad na jou hart

Ivan en Donnalee op die stel van Pad na jou hart

“Ons voel baie geëerd en dankbaar vir hierdie geleentheid en hou styf duim vas!” het Ivan en Donnalee in ’n verklaring gesê.

Baie geluk aan die Pad na jou hart-span!

pad na jou hart