Theuns Jordaan en Riana Nel
FOTO: Twitter (@ririnel)

Theuns Jordaan en Riana Nel FOTO: Twitter (@ririnel)

Het jy gehoor?

Goeie nuus vir Theuns Jordaan

Theuns Jordaan, sanger van treffers soos “Net voor die storm kom” en “Soos bloed” het dubbele platinumstatus behaal met sy album Tribute to the Poets.

Dié erkenning vir meer as 80 000 verkope van die album, wat verlede jaar uitgereik is, is gisteraand by Innibos aan die sanger oorhandig.

Afrikaans is Groot het die kosbare oomblik vasgevang en ’n foto van die geleentheid op Twitter gedeel.

Tribute to the Poets is Theuns se negende album sedert hy in die vroeë 2000’s begin naam maak het in die musiekbedryf. Twee van sy nege albums was duet-albums saam met country-koningin Juanita du Plessis, wie se nuutste album, Nashville, ook onlangs uitgereik is.

Geluk met die prestasie, Theuns!

Nóg musieknuus op SARIE.com