goldengirls
Het jy gehoor?

Golden Girls word 30! PLUS 10 ander 1985-treffers

Die heel eerste episode van die gewilde TV-reeks The Golden Girls is gister 30 jaar gelede vir die eerste keer uitgesaai. Ons het bietjie gaan navorsing doen en in die argief gaan krap om te sien wat nóg vanjaar 30 word.

1. Bill Gates het in 1985 die eerste weergawe van Microsoft Windows bekend gestel.

microsoft 1.02. Mense speel nou al vir 30 jaar die gewilde rekenaarspeletjie Tetris wanneer hulle verveeld is.

tetris3. Die gewilde bordspeletjie Pictionary is ook vanjaar 30 jaar oud.

pictionary4. Dalene Matthee se gewilde boek Fiela se kind is vanjaar 30 jaar gelede gepubliseer.

fiela se kind5. Die Calvin and Hobbes-strokiesprent is 30 jaar gelede vir die eerste keer in koerante gesien.

calvin and hobbes6. Die bekende Afrikaanse dramareeks Agter elke man met Steve Hofmeyr in die rolverdeling het 30 jaar gelede op Suid-Afrikaanse TV begin wys.

agter elke man

7. Vyfster: Die slot is die 1985-fliek wat gemaak is ná afloop van die Afrikaanse TV-reeks Vyfster. Die einde van die reeks word in die rolprent onthul.

vyfster8. Die musiektelevisiekanaal VH1 vier ook vanjaar sy 30ste bestaansjaar.

vh1

9. Die Springbok-rugbyspeler Bismarck du Plessis is op 22 Mei 1985 gebore.

10. Die 9 Oktober 1985-uitgawe van SARIE het só gelyk.

Screen Shot 2015-09-15 at 1.17.24 PM

 Lees ook