Amy Adams het Beste Aktrise in 'n Komedie of Musiekblyspel gewen vir haar rol in Big Eyes FOTO: Instagram @goldenglobes

Het jy gehoor?

Die groot wenners by die Golden Globes 2015

Gisteraand het die bestes in die film- en TV-bedryf bymekaargekom vir die 72ste Golden Globes. Hier is ’n paar van die groot wenners:

Lifetime Achievement Award: George Clooney

George Clooney is met die Cecil B. DeMille Lifetime Achievement Award vereer vir sy reusebydrae tot die vermaaklikheidsbedryf. Sy vrou, Amal, was daar om hom toe te juig.

FOTO: Instagram  @goldenglobes

FOTO: Instagram @goldenglobes

Beste rolprent: Drama – Boyhood

Die drama is oor ‘n tydperk van 12 jaar verfilm met dieselfde akteurs. Buiten vir dié groot toekenning het Boyhood ook die prys vir die Beste Regisseur (Richard Linklater) en Beste Ondersteunende Aktrise (Patricia Arquette) losgeslaan.

boyhood

Beste Filmakteur: Drama – Eddie Redmayne

Die Brit Eddie Redmayne het ’n Golden Globe-toekenning ontvang vir sy vertolking van die wêreldbekende wetenskaplike Stephen Hawking in die biografiese fliek The Theory of Everything. Hierdie fliek het ook die toekenning vir die beste oorspronklike klankbaan ingepalm.

Hier is Eddie gisteraand saam met nóg ’n Britse akteur, James Corden:

A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

Beste Filmaktrise: Drama – Julianne Moore

Julianne Moore het weer haar staal gewys met die vertolking van ’n Alzheimer-lyer in Still Alice. Hier is sy by haar man, Bart Freundlich.

  A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

 

Beste Filmaktrise in ’n Komedie of Musiekblyspel: Amy Adams

Amy Adams het groot gewen vir haar rol in die Tim Burton-fliek Big Eyes.

A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

Beste animasiefliek: How to Train Your Dragon 2

How to train your dragon 2

Beste TV-fliek of mini-reeks: Fargo

Hierdie mini-reeks spog ook met die toekenning vir Beste Akteur in ’n Mini-reeks met akteur Billy Bob Thornton.

Fargo mini-reeks

Beste Aktrise in ’n TV-fliek of ’n Mini-reeks

Maggie Gyllenhaal het dié prys vir haar akteursvernuf ontvang vir haar rol in die Britse minireeks The Honorable Woman.

Hier gesels sy en haar akteur-broer, Jake Gyllenhaal, op die rooi tapyt voordat die Golden Globes-seremonie afskop:

FOTO: Instagram  @goldenglobes

FOTO: Instagram @goldenglobes

Beste Ondersteunende Akteur in ’n TV-fliek of ’n Mini-reeks: Matt Bomer

Hier is die blouoog Matt Bomer kort voordat hy aangewys is as die Beste Ondersteunende Akteur vir sy rol in die TV-fliek The Normal Heart:

A photo posted by Golden Globes (@goldenglobes) on

Nóg wenners

BESTE ONDERSTEUNENDE AKTEUR  – J.K. Simmons (Whiplash)

BESTE FLIEK: KOMEDIE OF MUSIEKBLYSPEL

The Grand Budapest Hotel

BESTE AKTEUR: KOMEDIE OF MUSIEKBLYSPEL – Michael Keaton (Birdman)

BESTE TV-REEKS: DRAMA – The Affair

BESTE TV-REEKS: KOMEDIE OF MUSIEKBLYSPEL – Transparent

BESTE AKTEUR IN TV-REEKS: DRAMA – Kevin Spacey (House Of Cards)

BESTE AKTEUR IN TV-REEKS: KOMEDIE OF MUSIEKBLYSPEL – Jeffrey Tambor (Transparent)

BESTE AKTRISE IN TV-REEKS: DRAMA – Ruth Wilson (The Affair)

BESTE ONDERSTEUNENDE AKTRISE IN ‘N TV-REEKS, MINIREEKS OF TV-FLIEK – Joanne Froggatt (Downton Abbey)

LEES NOU