FOTO Instagram / @golden globes

FOTO Instagram / @golden globes

Het jy gehoor?

Golden Globes: Die wenner is …

Die jaar is nog ’n groentjie, maar Hollywood het reeds begin met sy seisoen van toekennings. Gisteraand was dit die Golden Globes en die komediant en TV-aanbieder Jimmy Fallon het gasheer gespeel. Veral een rolprent het koning gekraai: La La Land. Dié musiekblyspel het in totaal sewe Golden Globes losgeslaan, en nie net is dit as beste film in die kategorie aangewys nie, maar die twee hoofspelers, Emma Stone en Ryan Gosling, is ook as beste aktrise en beste akteur vereer.

Lees meer oor La La Land hier.

Die aand het vir twee verrassings gesorg. Kritici was gaande oor Natalie Portman se spel in die biografiese rolprent Jackie − lees meer hier. Gisteraand het almal gedink sy gaan as beste aktrise in ’n drama aangewys word, maar die Franse aktrise Isabelle Huppert het met die louere weggestap vir haar vertolking in die sielkundige riller Elle.

In die kategorie vir beste drama is groot lokettreffers soos Hacksaw Ridge met Mel Gibson in die regisseurstoel en Manchester by the Sea (Kenneth Lonergan) uitgestof deur Barry Jenkins se Moonlight.

2016-10-30-1477863644-6514640-moonlight

Hier’s ’n lys van nog wenners. Wenners is in swart gemerk.

Beste rolprent: Drama

Moonlight 
Manchester by the Sea
Lion
Hacksaw Ridge
Hell or High Water

Beste rolprent: Musiekblyspel of komedie

La La Land
20th Century Women
Sing Street
Florence Foster Jenkins
Deadpool

Beste aktrise: Drama

Isabelle Huppert, Elle 
Natalie Portman, Jackie 
Ruth Negga, Loving 
Amy Adams, Arrival 
Jessica Chastain, Miss Sloane

Beste aktrise: Musiekblyspel of komedie

Emma Stone, La La Land
Annette Bening, 20th Century Women
Lily Collins, Rules Don’t Apply
Meryl Streep, Florence Foster Jenkins
Hailee Steinfeld, The Edge of Seventeen

Beste akteur: Drama

Casey Affleck, Manchester by the Sea 
Denzel Washington, Fences 
Joel Edgerton, Loving 
Andrew Garfield, Hacksaw Ridge 
Viggo Mortensen, Captain Fantastic

Beste manlike byspeler

Mahershala Ali, Moonlight
Jeff Bridges, Hell or High Water
Dev Patel, Lion
Simon Helberg, Florence Foster Jenkins
Aaron Taylor-Johnson, Nocturnal Animals

Beste vroulike byspeler

Michelle Williams, Manchester by the Sea 
Viola Davis, Fences 
Naomie Harris, Moonlight 
Nicole Kidman, Lion 
Octavia Spencer, Hidden Figures

Beste regisseur

Damien Chazelle, La La Land 
Kenneth Lonergan, Manchester by the Sea 
Barry Jenkins, Moonlight 
Mel Gibson, Hacksaw Ridge 
Tom Ford, Nocturnal Animals

Beste akteur: Musiekblyspel of komedie

Ryan Gosling, La La Land
Ryan Reynolds, Deadpool
Colin Farrell, The Lobster
Hugh Grant, Florence Foster Jenkins
Jonah Hill, War Dogs

Beste draaiboek

Manchester by the Sea
La La Land 
Moonlight
Hell or High Water
Nocturnal Animals

Beste oorspronklike musiek

Arrival
Lion
La La Land
Moonlight
Hidden Figures

Vir die volledige lys van wenners klik hier.

Lees nou

Vier name vir Rolene Strauss se baba

Bang vir die kJ in jou drankie? Kies eerder dít

Blaas só nuwe lewe in jou klerekas