Ricky Gervais FOTO: Instagram

Ricky Gervais FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Golden Globes: Grappies, glipse en goeie oomblikke

Wanneer die Britse komediant Ricky Gervais die gasheer van die Golden Globes is, is daar altyd ’n paar kontroversiële oomblikke. En vanjaar was geen uitsondering nie!

Ricky se vlymskerp tong

Hier is ’n paar glanssterre met wie hy die spot gedryf het:

Mel Gibson

In 2010 het Ricky die eerste keer vir Mel oor sy gerugte drankprobleem gespot. Sondag het hy weer met Mel die draak gesteek. “Ek vind dit verskriklik ongemaklik om vir Mel voor te stel,” het Ricky gesê, terwyl hy ’n sluk van sy bier vat. In dieselfde asem het hy sommer vir Bill Cosby ook beledig. “Maar ek sal veel eerder saam met hom ’n drankie geniet as om saam met Bill Cosby een in sy hotelkamer te drink.” Ai, Ricky!

Ben Affleck

Ricky het nie gehuiwer om oor Ben se verbrokkelende huwelik te spot nie. Hy moes Ben se beste vriend, Matt Damon, voorstel en het skertsend gesê: “Ons volgende aanbieder is ook die enigste een vir wie Ben Affleck nié verneuk het nie.”

Kyk Matt se reaksie:

Caitlyn Jenner

Ricky kon homself net nie keer nie. Hy het die 65-jarige Olimpiese kampioen Caitlyn Jenner ook beetgekry. “Ek het verander. Natuurlik nie so baie soos Bruce Jenner nie. Of nou, Caitlyn Jenner, natuurlik.”

En soos in 2010, 2011 en 2012 het Ricky nie ’n veer gevoel nie.

via GIPHY

Ander goue oomblikke

Leonardo DiCaprio en Lady Gaga

Die arme Leo het letterlik nie geweet wat hom getref het nie. Toe Lady Gaga hoor sy het ’n Globe gewen, het sy vinnig na die verhoog gestap en in die proses Leo se arm van sy stoel gestamp. Sy reaksie is kosbaar!

via GIPHY

Amy Schumer en Jennifer Lawrence

Die gehoor het gaande geraak toe Amy en Jennifer saam op die verhoog verskyn. Dié twee is op die oomblik besig om saam ’n draaiboek te skryf vir ’n rolprent waarin hulle ook susters gaan speel.

Kate Winslet en Leonardo DiCaprio se Titanic-reünie

Dit bly altyd lekker om Jack en Rose iewers weer saam te sien. En die spontane oomblik tussen Kate en Leonardo het die internet laat gons. Albei het as wenners huis toe gegaan, Leonardo is bekroon as Beste Akteur en Kate was die aand se Beste Ondersteunende Aktrise. Baie geluk julle!

via GIPHY

Lees ook