FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Golden Globes se 7 gróótste trends

Stylvol, elegant en trendy. Soms sit die glanssterre die pot lelik mis, ander kere slaan hulle ons asem weg.

Van heldinne tot pikswart treffers, dié 7 trends het Saartjie se aandag getrek:

SAARTJIE love

1. Mantels en slepe

Mantels en slepe was ’n groot trend by vanjaar se Golden Globes. Die sterre wat met dié trend gewaag het, het kompleet soos heldinne gelyk.

Jennifer Lopez in Giambattista Valli Couture

Emilia Clarke in Valentino

Saoirse Ronan in Saint Laurent

Jada Pinkett Smith in Atelier Versace Haute

2. Blommotief

Dis byna lente in Amerika en van die bekendes het behoorlik begin blom. Jy kan maar sê dié trend is vanjaar op die rooi tapyt gekweek!

Rachel McAdams in Lanvin

Maggie Gyllenhaal in Marc Jacobs

Eva Longoria in Georges Hobeika

Embed from Getty Images

3. Pienk

Skakerings van pienk is ‘n groot trend vir 2016, en dit kon jy ook oral op die rooi tapyt sien.

Cate Blanchett in Givenchy Haute Couture

Kate Bosworth in Dolce & Gabbana

Katy Perry in Prada

4. Blinkers

Die sterre het letterlik geskitter! Maar dis nie die enigste plek waar die trend te sien was nie. Saartjie het ook baie blinkerrokke by die People’s Choice Awards gesien.

Olivia Wilde in Michael Kors Collection

Jenna Dewan Tatum in Zuhair Murad Collection

Julianne Moore in Tom Ford

5. Wit

Wit is inderdaad gróót vir 2016. Glo dit of nie, wit lyk pragtig by enige veltoon!

Alicia Vikander in Louis Vuitton

Jane Fonda in Yves Saint Laurent Couture van Slimane

6. Alle tipes geel

Geel en mosterd het beslis die rooi tapyt opgekikker!

Jennifer Lopez in Giambattista Valli Couture

America Ferrera in Jenny Packham

7. Swart

Swart is altyd elegant, klassiek en stylvol!

Kirsten Dunst

Lady Gaga in Versace

 

Met Lady Gaga en Kirsten Dunst wat albei fluweel gedra het, is Saartjie vas oortuig dat fluweel nóg groter gaan word

Tot ’n volgende keer!

Lees ook