FOTO Olympics

FOTO Olympics

Het jy gehoor?

Goue swemmers: Chad le Clos en Michael Phelps

Die wêreld se oë is op Usain Bolt en die 100 m-naelloop by vanjaar se Olimpiese Spele. Maar wanneer dit by swem kom, is daar veral een item wat die aandag trek: die 200 m-vlinderslag. En die swemmers Chad le Clos en Michael Phelps is albei honger vir goud.

By die Londense Olimpiese Spele in 2012 het die wêreld nie verwag dat Chad sy held, Michael Phelps, sou wen nie. Vir 10 jaar lank kon niemand Michael in die item klop nie. Maar Chad het, en selfs hy was geskok toe hy sy naam in die eerste plek sien!

Vanjaar wonder die wêreld een ding: Sal Chad sy titel kan behou, of is Michael honger genoeg om dit terug te wen? As dit van SA se voormalige Olimpiese swemmer Ryk Neethling afhang, sal Chad drie goue medaljes terugbring. Ryk glo Chad sal die 100 en 200 m-vlinderslag sowel as die 200 m-vryslag wen, berig News24. Albei swemmers het vanjaar lewensveranderende nuus beleef. Michael Phelps het pa geword. En Chad het gehoor albei sy ouers het kanker. In ’n verklaring op sy webtuiste het Chad die volgende geskryf:

“Dit is nie ’n maklike tyd vir my nie, maar ek oefen hard vir Rio. Meer as enigiets anders wil ek hê hulle moet hul battles wen. Ek hoop ook dat hulle in Rio sal wees.”

– Chad le Clos

 

Kyk die ongelooflike dokumentêr oor Chad le Clos vir die Olimpiese Spele:

In die dokumentêr vertel Chad se ma, Geraldine, hoe swaar dit op die oomblik met Chad gaan.

“Hy het sy pa nodig. Mense het hul pa nodig. Bert is lief vir al sy kinders. En Chad het Bert se lewe verander!”

– Geraldine le Clos, Chad se Ma

Maar oor die waters, in Amerika, beskryf Michael sy seun se koms as die beste tyd van sy lewe.

Nothing like being home with the family!!! @nicole.m.johnson A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on

– Op 9 Augustus om 03:00 sal die 200 m-vlinderslag plaasvind.