grace_kelly_barbie_2
Het jy gehoor?

Grace Kelly-Barbie binnekort te koop

Die Hollywood-ster wat in 1956 met prins Rainier van Monaco getrou het, word vandag nog as een van die wêreld se voorste styl-ikone beskou.

Die nuwe Barbie is gebaseer op een van prinses Grace se bekendste rolle in, dié van die rykmansdogter in die prent To Catch a Thief. Die pop, ’n ontwerp deur Robert Best, dra ’n blou chiffonrok soos die een wat Grace in die openingstoneel van dié fliek aan die Franse Riviera gedra het.

Die plastiek-skoonheid sal in Junie beskikbaar wees, gereed vir die volgende koninklike troue in Monaco. Dis wanneer ons Charlene Wittstock trou met prins Albert, Grace se seun.

Grace was in haar leeftyd bekend vir alles waaroor menige meisie droom: ’n Oscar-bekroonde filmster, ’n asemrowende bruid by ’n sprokiestroue, ’n prinses en die ma van drie kinders.