Andrea Casiraghi en sy nuwe vrou, Tatiana Santo Domingo

Het jy gehoor?

Grace Kelly se kleinseun trou

Die koninklike troue van Monaco, wat by die Monte Carlo-sportklub gehou is, was glo formeel, maar baie prettig. Tatiana het ‘n elegante kantrok aangehad in ware boho-sjiek styl. Andrea het ‘n donkerblou pak en ‘n wit hemp gekies, en ‘n blou das met wit kolletjies daarby.

FOTO bo: Die koninklike paleis van Monaco het dié foto van die pasgetroude paartjie beskikbaar gestel

Tatiana het die hoëhakskoene eenkant toe gegooi vir plat silwer sandale. Sy het haar vintage styl afgerond met sagte krulle en ‘n blommekrans. Sy het gekies om nie groot juweliersware te dra nie, net ‘n eenvoudige silwer armband en ‘n ring.

FOTO’S: Prinses Charlene ontmoet Pous en herinner aan Grace Kelly

Ons was nie verbaas dat haar trourok ‘n Missoni-skepping was nie – sy is goeie vriende met Margherita en Teresa Missoni, die erfgename van die suksesvolle Missoni-modemaatskappy.

Die ma van die bruidegom, prinses Caroline, het ‘n rooi knielengte-rok van Karl Lagerfeld gedra, wat gewoonlik haar uitrustings vir spesiale geleenthede maak.

FOTO’S: Grace Kelly en prins Rainier se troudag

screen_shot_2013_09_02_at_9.45.57_am_630w

 

 

screen_shot_2013_09_02_at_9.46.32_am_630w

FOTO’S: Van die 400 modieuse gaste by dié troue

Tatiana is die dogter van ‘n ryk Colombiaanse familie. Andrea is naas sy ma die volgende troonopvolger van die kroon. Die paartjie is baie privaat en het reeds ‘n seun, Sacha, saam. Hulle is deur Andrea se suster, Charlotte Casiraghi, wat ongeveer 6 maande swanger is, aan mekaar voorgestel.

Charlotte Casiraghi: Verloof én swanger!

Wat dink jy van Tatiana se styl?