Het jy gehoor?

Grace Ngcongo wen Clarins en SARIE se top-vroueprys 2010

Sy is uit ’n groep dinamiese, onbaatsugtige en innoverende vroue landwyd gekies.   

Dié prys word jaarliks toegeken aan ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat werklik ‘n verskil maak in haar gemeenskap – veral in die lewe van mishandelde, verwaarloosde en behoeftige kinders.

Grace, ‘n gemeenskapswerker wat sedert 2003 die Silindokuhle Crèche en Voorskool-sentrum in Amanzimtoti vanuit twee vragskiphouers bedryf, het as wenner R200 000 ontvang wat sy nou kan gebruik om haar gemeenskapsprojekte uit te brei.

Grace het almal bedank wat van die begin in haar geglo het en bereid was om haar by te staan toe sy nog vrou-alleen haar projek van die grond af probeer kry het.

Dit is die 10de jaar dat dié prys, wat ook elders in die wêreld toegeken word, aan ‘n waardige wenner in SA oorhandig word. Die algemene bestuurder van Clarins SA, Robynne Adams, het gesê: “Niks staan in Grace se pad nie, elke uitdaging laat haar bloot harder probeer en sy vind altyd ‘n manier om hoop te bring aan diegene in nood.”

Die skoonheidshuis Clarins, wat reeds sedert 1977 in SA is, is toegewyd aan projekte wat wêreldwyd bydra tot sosiale verantwoordelikheid, omgewingsbewaring en mediese navorsing. Clarins se grootbaas, Christian Courtin-Clarins, was self in SA om die trofee aan Grace te oorhandig.  

Foto regs: SARIE se redakteur Michélle van Breda, Grace Ngcongo en Suzy Brokensha, redakteur van Fairlady.

Bev Letard and Grace Ngcongo Robynne Adams , Grace Ngcongo  en Bev Letard
Bev Letard wat vir Grace genomineer het en Grace Ngcongo(wenner) Bev, Grace en Robyn Adams(Algemene Bestuurder van Clarins SA)
Bev en Lloyd Letard saam met Grace Ngcongo
Bev en Lloyd Letard saam met Grace Ngcongo Mitch Whayman and Tim Britz
Christian Courtin-Clarins Die pragtige tafels
Christian Courtin van Clarins Die pragtige tafels

 Emtia Morrison (SARIE), Bev Letard, GraceNgcongo (wenner), Robynne Adams (AB Clarins Suid-Afrika), Debbie Wolfendale (beoordelaar en  Roxanne Cloete (Fairlady)

 

Suzy, Christian and Michélle

 

Wayne Duvenage and Grace Wayne Duvenage and Grace
Wayne Duvenage and Grace Wayne Duvenage and Grace
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
  • qtgqrjeyj

    kmMD5J ofmaczvwhmrw, [url=http://rdkyzvocayvh.com/]rdkyzvocayvh[/url], [link=http://svlenpzqwzam.com/]svlenpzqwzam[/link], http://iqjnlrvptpyz.com/