Graeme Smith 
FOTO: Twitter

Graeme Smith FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Graeme Smith groet krieket PLUS só lyk sy gesin

Die Proteas se toetskaptein, Graeme Smith, het die internasionale én plaaslike krieketwêreld gisteraand verstom toe hy sy uittrede uit dié sport aangekondig het.

Volgens Volksblad het die kaptein gistermiddag vir sy spanmaats gesê die huidige toets wat op Nuweland teen Australië gespeel word, gaan sy laaste wees.

“Ek het ’n jong gesin om aan te dink en het gedink om op Nuweland uit te tree is die beste manier vir my loopbaan om tot ’n einde te kom. Dit is my tuiste sedert ek 18 was,” sê die kaptein, wat dié besluit glo sedert verlede April oorweeg.

Hieroor spot vroulief Morgan vir Graeme

Graeme het in 2003 by Shaun Pollock oorgeneem as die Proteas se kaptein. Hy is die eerste kaptein in wêreldkrieket wat sy land in meer as 100 toetse gelei het.

Eerste foto’s van Graeme se eersteling

Dit lyk asof Graeme nou op sy gesin gaan fokus. Hy en Morgan Deane, wat in 2011 getroud is, het twee kinders, Cadence (19 maande) en Carter (7 maande). Kyk net hul oulike gesinsfoto’s!

Morné Steyn wys klein Jóvan

Grame en Morgan met klein Cadence op pa se skoot en Carter in die stootwaentjie FOTO: Instagram (@morgandeane)

Graeme en Morgan met klein Cadence op pa se skoot en Carter in die stootwaentjie.
FOTO: Instagram (@morgandeane)

Graeme en sy kroos FOTO: Instagram (@morgandeane)

Graeme en sy kroos.
FOTO: Instagram (@morgandeane)

Kersfees in die Smith-huis: Morgan, Carter, Graeme en Cadence by Kersvader FOTO: Instagram (@morgandeane)

Kersfees in die Smith-huis: Morgan, Carter, Graeme en Cadence by Kersvader.
FOTO: Instagram (@morgandeane)

Graeme en klein Cadence werk in die tuin FOTO: Instagram (@morgandeane)

Graeme en klein Cadence werk in die tuin.
FOTO: Instagram (@morgandeane)