Het jy gehoor?

Grammy-toekennings: Die beste geklede vroue

Saartjie is mos gaande oor die toekenningseisoen. Al die aandrokke het haar in ekstase. Maar die Grammys is ‘n klein bietjie anders as al die film-toekennings wanneer dit kom by aantrek…
SAARTJIE love

 

Die sangeresse is effe gewaagder met hul keuses van uitrustings en haarstyle. Party kry dit 100% reg – en dan is daar ander wat, ai-ai, dit nét nie kan regkry nie.

Hier is die top-5 wat fantasties gelyk het by die Grammys:

Katy Perry se hare is al wéér ‘n ander kleur, maar ons verwag niks minder van haar nie. Haar pers hare het fantasties gelyk saam met ‘n eenvoudige snit rok met kralewerk.

Katy Perry. Foto: @TheGRAMMYs/Instagram

Katy Perry. Foto: @TheGRAMMYs/Instagram

Gwen Stefani bly maar een van my gunstelinge, sy is nooit bang om te waag nie. En ek moet erken haar uitrustings is soms willer as die wildtuin self, maar met haar eenstuk (jumpsuit) het sy sexy & modern gelyk. Ek mis haar kenmerkende rooi lip.

Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images

Gwen Stefani. Foto: Jason Merrit/Getty Images

Jessie J het sensasioneel gelyk in haar deursigtige  rok met kralewerk.

Jessie J. Foto: @isthatjessiej/instagram

Jessie J. Foto: @isthatjessiej/instagram

Taylor Swift is een van dié wat dit in kleur gewaag het. Omdat Taylor so lank is, het die balrok van agter en mini van voor gewerk vir haar. Dié snit sal nie vir almal werk nie.

Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic

Taylor Swift Foto: Jon Kopalof/FilmMagic

Kat Graham was ook baie gewaagd in haar swart-en-wit deursigtige rok. Die rok is baie besig, maar dit werk omdat haar grimering en hare so eenvoudig is.

Kat Graham. Foto: @katgrahampics/instagram

Kat Graham. Foto: @katgrahampics/instagram

Wat dink jy van dié top-5, en watter een is jou gunsteling?

Kry so Gwen Stefani se Grammy-look:

« »

Die eenstuk-pakkie (jumpsuit)

Jumpsuit ,Bibi Rouge, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za

'n Treffer-hak

Hak , Footwork, te koop by die SARIE-aanlynwinkel by spree.co.za