Het jy gehoor?

Grammys 2014 – Die interessante rokke

Die Grammy-toekennings sorg jaarliks vir groot pret op die rooi tapyt. Dit is een van die min geleenthede waar die bekendes uithaal en wys – wie kan Jennifer Lopez se ikoniese groen Versace-skepping in 2000 vergeet wat so laag gesny was, ons kon haar naeltjie sien? Hier is van vanjaar se interessante rokke.

Klik HIER vir ons keuse van die beste rokke

Katy Perry

FANIE Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur sê: Agge nee! Ons weet sy wil aandag trek waar sy kan, maar ek dink nie die rok slaag daarin nie. Dit skok jou nie genoeg om aandag te trek nie en is ook nie mooi genoeg om 'n treffer te wees nie. Ek vermoed sy gaan op 'n hele paar “worst dressed”-lyste verskyn.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Madonna

FANIE SÊ: Aandpakke aan vroue kan geweldig sexy wees. Wees maar net versigtig dat dit nie lyk asof jy na 'n kostuum-partytjie toe gaan nie - dís wat Madonna hier doen. Ek dink dis die hoed en die handskoen wat op die einde die uitrusting laat flop. En nou nog die kierie ook! Dis net 'n foefie. Die aandpak op sy eie is eintlik nogal mooi.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Skylar Grey

FANIE SÊ: Te veel vel op die verkeerde plekke. Omdat dit nog vleeskleur ook is, laat dit my dink sy wou eintlik kaal wees.

FOTO: Twitter @eonline

Paris Hilton

FANIE SÊ: Hier is iets eksperimenteel wat tog werk. Die wit is mooi. En die vleeskleur-voering laat jou twee keer kyk. Daar is ook genoeg detail vir opwinding.

Die balans van die ontwerp is in verhouding. Die rok is mooi van voor én agter (kyk ook na die volgende foto). En haar hare lyk só mooi. Dit lyk byna soos haar come back-rok.

FOTO: Instagram @parishilton

Paris Hilton

FOTO: Instagram @parishilton

Beyoncé

FANIE SÊ: Wow! Ek dink sy kyk sensasioneel. Die rok pas haar lyf soos ʼn handskoen. Die kleur en cutouts is hoogmode. Die wit en die vleeskleur-voering is duidelik 'n groot tendens.
Sy is 'n wêreldklas-ster én ons kan dit sien. Die ontwerp pas by haar en by die geleentheid. Die rok is soms gewaagd. Jy dink sy het min aan, maar eintlik is sy toe geknoop van kop tot toon. Geen wonder hulle noem haar “Queen B” nie.

FOTO: Twitter @OddFuturama

Klik HIER vir nóg rokke

Die grootste wenners

Album van die jaarRandom Access Memories, Daft Punk | Rekord van die jaar – “Get Lucky”, Daft Punk & Pharrell Williams | Lied van die jaar – “Royals”, Lorde (Joel Little en Ella Yelich O’Connor, liedjieskrywers) | Beste nuwe kunstenaar – Macklemore & Ryan Lewis | Beste album: Wêreld-musiek – Ladysmith Black Mambazo – Singing for Peace Around the World

Sien die volledige lys van die wenners HIER.

10 Interessante feite oor die Grammys

  1. Die eerste Grammy-toekennings is op 4 Mei 1959 gehou.
  2. Die Grammys word beskou as die prettigste van al die toekeningseremonies. Naas die Oscars word dit die meeste op televisie gekyk.
  3. Stevie Wonder hou die rekord vir die meeste Grammys deur ’n solo-kunstenaar – hy het 28 keer gewen.
  4. Sinead O’Connor is die enigste kunstenaar wat die toekenning geweier het. Sy het teen die kommersialisering van dié toekenings geprotesteer.
  5. Elmo (die pop van Sesame Street) het al 3 Grammys gewen.
  6. Kanye West het al 21 Grammys gewen – meer as The Beatles, Barbra Streisand en James Taylor saam.
  7. Alhoewel dit ’n aand vir musiek is, trek die uitspattige modes altyd die aandag.
  8. Quincy Jones is die kunstenaar met die meeste benoemings – 79.
  9. LeAnn Rimes is die jongste wenner op 14 jarige ouderdom. George Burns die oudste op 94.
  10. Dié jaar was daar opspraakwekkende optredes deur Madonna, Jay Z, Beyoncé, Katy Perry, en Lorde.

Addisionele bron: Hello!