Het jy gehoor?

Grammys 2014 – Die beste rokke

Die Grammy-toekennings sorg jaarliks vir groot pret op die rooi tapyt. Dit is een van die min geleenthede waar die bekendes behoorlik uithaal en wys. Hier is ons keuse van die top-5 beste rokke van die geleentheid.

Klik HIER om nog interessante rokke van die Grammys te sien

Kelly Osbourne

FANIE Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur sê: Die rok is 'n baie goeie balans tussen stylvol en rock punk. Stylvol met net genoeg drama om jou aandag te trek, maar nie af te sit nie.
Ek hou van hoe sy lyk - die hele voorkoms werk goed by mekaar. Ek hou ook baie van die juwele-detail op haar skouers. En selfs haar hare werk goed en lyk mooi! Die pers kleur is egter persoonlike smaak ...

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Taylor Swift

FANIE SÊ: Dit is 'n baie mooi rok - stylvol én sexy. Blink genoeg met net genoeg vel. Dit is ook die regte lengte. Sy lyk gemaklik en mooi. Een van die mooistes van die aand!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Louise Roe

Louise was een van die aanbieders wat die sterre op die rooi tapyt verwelkom het, maar haar eie rok het ook aandag getrek!

FANIE SÊ: Plein en swart – oulike rok en skoene. Die uitknip-detail op die rok is goed gedoen, maar dit werk nie vir my op die rooi tapyt nie.

FOTO: Twitter @louiseroe

Giuliana Rancic

Nóg 'n televisie-aanbieder wat die kollig gesteel het! Ons is mal oor die details op Giuliana se rok.

FANIE SÊ: Dis plein. Die kleur is ʼn interessante keuse - ons het lanklaas oranje gesien.

FOTO: Instagram @giulianarancic

Colbie Colliat

FANIE SÊ: Rooi is steeds 'n gewilde kleur vir die aand. Daarom was dit 'n sukses. Maar ek dink die rok se balans is uit. Dis te swaar om haar nek en een skouer. En die uitsny-detail maak dit té eksperimenteel.

FOTO: Twitter @colbiecolliat

Klik HIER vir nóg rokke

Die grootste wenners

Album van die jaarRandom Access Memories, Daft Punk | Rekord van die jaar – “Get Lucky”, Daft Punk & Pharrell Williams | Lied van die jaar – “Royals”, Lorde (Joel Little en Ella Yelich O’Connor, liedjieskrywers) | Beste nuwe kunstenaar – Macklemore & Ryan Lewis

Sien die volledige lys van die wenners HIER.

10 Interessante feite oor die Grammys

  1. Die eerste Grammy-toekennings is op 4 Mei 1959 gehou.
  2. Die Grammys word beskou as die prettigste van al die toekeningseremonies. Naas die Oscars word dit die meeste op televisie gekyk.
  3. Stevie Wonder hou die rekord vir die meeste Grammys deur ’n solo-kunstenaar – hy het 28 keer gewen.
  4. Sinead O’Connor is die enigste kunstenaar wat die toekenning geweier het. Sy het teen die kommersialisering van dié toekenings geprotesteer.
  5. Elmo (die pop van Sesame Street) het al 3 Grammys gewen.
  6. Kanye West het al 21 Grammys gewen – meer as The Beatles, Barbra Streisand en James Taylor saam.
  7. Alhoewel dit ’n aand vir musiek is, trek die uitspattige modes altyd die aandag.
  8. Quincy Jones is die kunstenaar met die meeste benoemings – 79.
  9. LeAnn Rimes is die jongste wenner op 14 jarige ouderdom. George Burns die oudste op 94.
  10. Dié jaar was daar opspraakwekkende optredes deur Madonna, Jay Z, Beyoncé, Katy Perry, en Lorde.

Addisionele bron: Hello!