277256_10151010971177958_266298755_o
Het jy gehoor?

Gratis Romanz-liedjie net vir jou!

Die manne van Romanz het ‘n nuwe lid nadat Louis Loock besluit het dat hy eerder by sy vrou in Suid-Afrika gaan bly. Christopher Lee is die nuwe stem en die manne maak hulle reg vir ‘n oorsese deurbraak.

Die nuwe album se titelsnit, “With All My Heart”, is ‘n vertaling van hul treffer My hele hart.

Nog liedjies daarop is treffers soos “You Got It”, “Bridge Over Troubled Water” enMy Angel”. Klik op Romanz se YouTube-kanaal om na al die treffers te luister.

As jy die gratis liedjie wil aflaai, klik op Romanz se Facebook-blad.