Patrick, Jillian en hul tweeling
FOTO: Instagram  @jilliandempsey

Patrick, Jillian en hul tweeling FOTO: Instagram @jilliandempsey

Het jy gehoor?

Grey’s Anatomy se Patrick Dempsey skei

Dit het van buite soos die perfekte huwelik gelyk, maar Patrick Dempsey en sy vrou, Jillian Fink, gaan ná 15 jaar skei, berig People.

In ’n eksklusiewe verklaring aan People vertel hulle dat hulle dié besluit lank oorweeg het.

FOTO: Instagram  @jilliandempsey

FOTO: Instagram @jilliandempsey

Jillian, ’n grimeerkunstenaar, het deur dik en dun by Patrick gestaan. Hy was baie gewild in die 80’s, maar sy loopbaan het nie veel opgelewer totdat hy in 2005 die rol van dr. Derek Shepherd, oftewel McDreamy, in die gewilde hospitaalreeks Grey’s Anatomy losgeslaan het nie.

Hy het ook onlangs begin om baie tyd en geld aan sy ander passie, resieskarre, te spandeer. Hy het in 2007 aan People vertel dat dit Jillian was wat hom aangemoedig het om sy passie te volg.

FOTO: Twitter  @PatrickDempsey

FOTO: Twitter @PatrickDempsey

 

[Jillian] se invloed is groot. Jill laat my in my drome glo – en moedig my aan om dít te volg

- Patrick oor Jillian aan People

Die paartjie het 3 kinders: ’n 12-jarige dogter, Tallulah Fyfe, en die 7-jarige tweeling Patrick en Darby Galen.

Jillian, Patrick en hul dogter Tallulah FOTO: Instagram  @jilliandempsey

Jillian, Patrick en hul dogter Tallulah
FOTO: Instagram @jilliandempsey

Lees meer op People se webblad.

Bron: People

Lees nou