FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Griekwastadmoorde: Seun gevonnis

Die seun wat skuldig bevind is aan die moorde op Deon Steenkamp (44), Christel Steenkamp (43) en die moord en verkragting van Marthella Steenkamp (14), is twee dae voor sy 18de verjaardag gevonnis.

Die moorde, wat in 2012 op Goeie Vrydag (6 April) plaasgevind het, het wêreldwyd opslae gemaak. Die seun is op 25 Maart vanjaar skuldig bevind op aanklagte van regsverydeling en die moorde en verkragting.

Ná ’n lang vonnisoplegging waarin regter-president Frans Kgomo verslae oor die seun se optrede ná die moorde gelees het, asook verslae van sielkudiges, het hy dié vonnis vir die seun opgelê:

12 jaar vir verkragting, 4 jaar vir regsverydeling en 20 jaar per moord. Omdat hy minderjarig is word dié vonnisse gelyktydig uitgedien. Daarom word hy effektief tot 20 jaar tronkstaf gevonnis.

Volgens Die Burger het die seun se voog in die verlede gesê hulle wil teen die skuldigbevinding appelleer.

Na verwagting sal die seun se identiteit bekend gemaak word sodra hy 18 is.

Lees ook