Het jy gehoor?

Groen inkopies in Langstraat

Dís die plek om gesien te word! Selfs die uitnodiging het reeds gesê “hier kom ’n ding” toe 210 on Long sy deure Woensdag oopgemaak het.

 

210 on Long is ’n eko-vriendelike inkopiesentrum in die hartjie van die Moederstad waar jy tot 20:00 kan rondkuier. Daar’s hip plaaslike ontwerpers-winkels (The Hemporium, The Green Shop, Ny Lon, Never on a Sunday en Think Shoes) wat alles van handsakke tot T-hemde en skoene verkoop; ’n haarsalon (Afro Hair) en selfs ’n boekwinkel en kunsgalery waar jy daardie rare item kan uitsnuffel. En gaan drink ’n koffie by U & Me –  dis áls “groen” produkte!

 

Die eienaars het ook die bestaande gebou met eko-vriendelike boutegnieke omskep – van die bakstene en verf tot die houtwerk is alles “groen”.

 

Waar? Langstraat 210, Kaapstad
Wanneer? Ma. – Vry. 10 vm. – 8 nm.; Sat. 11 vm. – 6 nm.
Wil jy meer weet? Bel vir Stacey by 082 391 3878 of stuur vir haar ’n e-pos na creative@210onlong.co.za. Besoek www.210onlong.co.za