Het jy gehoor?

Rooitapytstyl by die SAMA’s + die wenners!

Vir sangeres Karlien van Jaarsveld was die afgelope naweek een om te onthou, want sy saam met ander Afrikaanse sangers het groot gewen by die SAMA-toekennings.

Karlien se nuutste album, Uitklophou, is aangewys as die beste Afrikaanse pop-album by die Suid-Afrikaanse musiektoekennings (SAMA’s) wat gister by Sun City naby Rustenburg in Noord-Wes gehou is. Karlien, wat verlede maand vyf Ghoemas gewen het, was ook een van die kunstenaars wat by dié spog-geleentheid opgetree het.

FOTO’S: Karlien en die tweeling span uit voor die SAMA’s

Die sangeres het pragtig gelyk op die rooi tapyt in een van Anél Botha Couture se rokke. Haar rok, in skakerings van room en goud, het lang moue van kant gehad met ’n smal, roomkleurige band om haar middel.

Karlien van Jaarsveld by vanjaar se SAMA-toekennings FOTO: Twitter

Karlien van Jaarsveld by vanjaar se SAMA-toekennings
FOTO: Twitter

Sy het haar lang hare in los, glansryke krulle met ’n middelpaadjie gedra en haar voorkoms met helderrooi lipstiffie afgerond.

WEN luukse Double Serum van Clarins

**Kies jou gunsteling-rok en WEN, plus ontvang ‘n gratis toetsproduk as jy inskryf

Ander Afrikaanse kunstenaars wat ook by die SAMA’s beloon is, is Idols-wenner Elvis Blue se album Afrikaans en die Afrikaanse musiekgroep Van Coke Kartel het die toekenning vir Beste Rock-album ontvang vir Bloed, sweet & trane.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Klik hier vir ’n volledige lys van vanjaar se SAMA-wenners

Rooitapyt-styl by die SAMA’s

Só lyk ons gunsteling-rokke by vanjaar se SAMA-toekennings

Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay by die SAMA's

Haar rok is ook deur Anél Botha Couture ontwerp.
FOTO: Twitter

Charlize Berg se Peter Bondesio-skepping

Hier is sy saam met sanger Jak de Priester op die rooi tapyt.
FOTO: Twitter

Die pasgetroudes: Hanna Pepler (neé Grobler) en haar man, Bok van Blerk

Hanna het ook by Anel Botha aangeklop vir haar rok
FOTO: Twitter

Andriëtte Norman saam met Ampie du Preez by die SAMA's

FOTO: Twitter

Karlien van Jaarsveld in Anél Botha Couture

FOTO: Twitter

Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay by die SAMA's FOTO: Twitter

Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay by die SAMA’s
FOTO: Twitter

Charlize Berg saam met Jak de Priester by die SAMA's FOTO: Twitter

Charlize Berg saam met Jak de Priester by die SAMA’s
FOTO: Twitter

Hanna Grobler en Bok van Blerk FOTO: Twitter

Hanna Grobler en Bok van Blerk
FOTO: Twitter

Andriëtte Norman en Ampie du Preez by die SAMA's FOTO: Twitter

Andriëtte Norman en Ampie du Preez by die SAMA’s
FOTO: Twitter

Karlien van Jaarsveld by vanjaar se SAMA-toekennings FOTO: Twitter

Karlien van Jaarsveld by vanjaar se SAMA-toekennings
FOTO: Twitter

Ons gunsteling-sterre by vanjaar se SAMA's op een foto FOTO: Twitter

Ons gunsteling-sterre by vanjaar se SAMA’s op een foto
FOTO: Twitter