Het jy gehoor?

Groot FIFA-partytjie wag op Kaapstad

Daar wag groot feesvieringe op Kaapstad en die res van die wêreld wanneer FIFA se finale trekking op 4 Desember plaasvind om te sê watter 32 spanne aan die Wêreldbeker gaan deelneem. SARIE was by die bekendstelling (sien foto’s – Rodger February).

Duisende Kapenaars gaan die straatfees in Langstraat bywoon waar ‘n hele rits plaaslike talent en groot SA-groepe soos Freshlyground reeds vanaf 12h00 sal speel. Al die rooi tapyt-opwinding by die KIKS (Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum) gaan via video-opnames op grootskerms in Langstraat vertoon word. Die paaie rondom die area sal gesluit wees.

FIFA-president, Joseph S. Blatter, gaan om 14h00 die FIFA Fan Fest-projek bekendstel. Hierdie projek is soortgelyk aan die straatfees wat nou in Langstraat gehou word.

Die finale trekking word ook gesien as ‘n toetslopie vir Kaapstad se sekuriteit, logistiek en ander dienste om groot getalle mense te hanteer.

Die finale trekking vind om 19h00 plaas en vanaf 20h45 gaan die groot partytjie voort.

Kyk hierdie inspirerende video: