Denise en Nicholis
FOTO: Twitter

Denise en Nicholis FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

GROOT NUUS: Nicholis Louw verloof aan sy Denise

Die sanger Nicholis Louw het bekendgemaak dat hy verloof is.

Nicholis het gisteraand net ná middernag vir sy aanhangers op sosiale media laat weet dat hy en Denise Shrewsbury verloof is. En hy is baie gelukkig daaroor!

Hy het op sy Facebook-blad geskryf:

BOOM SHAKALAKA!!!! Daar’s seker maar geen beter manier as om net daarmee uit te kom en klaar te kry nie! Niemand kan twyfel dat ek die luckyste, en bevooregste verloofde mens vanaand in die wêreld geword het nie! Ekt my Babe gevra om te trou en sy het ja gesê!! Man ek het n catch en n half hier gevang! Love you my Baby! Xx

Hy het ook die goeie nuus op Twitter gedeel:

Hey maniacs! My kickass girl is nou my kickass verloofde!! Weirdly voel ek gladnie claustrophobic nie!! Sommer net happy happy happy!!

Denise werk heeltyds en studeer regte deeltyds, skryf sy op haar Twitter-profiel. Sy het vanoggend getwiet dat sy bly is dat sy in die verkeer ry, sodat sy meer tyd het om na haar ring te staar!

Screen Shot 2014-01-15 at 8.17.13 AM

Denise se ring

 

Baie geluk Nicholis en Denise!

 Gelukwensings van ander bekendes