lianie_en_jay_06
Het jy gehoor?

Gróót nuus vir Jay, Lianie en Riana + foto’s van spoggeleentheid

Die gewilde sangpaar Jay en Lianie May, wie bekend is vir duet-treffers soos Toe stop my hart en In a moment like this, se album Bonnie & Clyde het, na slegs vier weke op die winkelrakke, platinum-status verkry. 40 000 CD’s is reeds verkoop.

Paulo Azevedo oorhandig Jay en Lianie se platinum-toekenning

Paulo Azevedo van Coleske Artists het gisteraand by ‘n spog-geleentheid in Pretoria dié toekenning aan hulle oorhandig.  

Jay en Lianie

CO Productions, die produksie-maatskappy wat ook die agent vir groot name in die bedryf soos Jay en Lianie, Willem Botha, Hulle en 4Werke (et Nicholis Louw, Ray Dylan, MoniQue en Elizma Theorn) is, het by dié geleentheid aangekondig dat Riana Nel ook nou op hul lys van kunstenaars verskyn. So ook die sanger Dewald Wasserfall. 

CO Productions se kunstenaars

CO Productions se kunstenaars: Jay, Lianie May, Willem Botha, MoniQue en Hulle

Die span van CO Productions

Die CO Productions-span

Willem BothaCorné Oosthuizen van CO Productions

Willem Botha/Corné Oosthuizen van CO Productions

Jay op die verhoogMoniQue op die verhoog

Jay / MoniQue

Willem Botha en MoniQue

Willem Botha en MoniQue

Hulle

Hulle (Wilmarie en Johan)

Lianie May en haar verloofde, Barry Lubbe

Lianie May en haar verloofde, Barry Lubbe

Jay en sy vrou, Mia

Jay du Plessis en sy vrou, Mia

Paulo Azevedo, Jay en Johan Vorster

Paulo Azevedo, Jay en Johan Vorster

Sien vir Jay, Lianie en Riana Nel by Afrikaans is Groot-konsert

Op 11,12 en 13 Oktober 2012 hou Afrikaans is Groot vir die eerste keer konsert – ‘n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-Gemeente in Pretoria.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za

  • Karin

    Baie geluk aan almal wat toekennings ontvang het. Die standaard was baie hoog en die nominasies was al klaar ‘n toekenning. Geluk ook aan Johan Vorster wat twee van die bekroonde songs geskryf het: Lank Lewe die Liefde en Jakkals Trou met Wolf se vrou!

  • Wanda Olivier

    Wonderlik wondelik. Baie geluk aan Jay en Lianie. Ons lief julle baie!!! En hoe awesome is die foto van die EDEN manne saam. Awesome mensies. Julle bly ikone in die Afrikaanse musiek bedryf!!!

  • Adre

    Baie Geluk aan altwee van jul.Dis die beste CD ooit.

  • Lililan

    Baie dankie vir julle songs, dit werklik ‘n belewenis elke keer wat ek daarna luister!

  • NIKI

    jULLE MUSIEK IS FANTASTIES —

  • Hester

    Julle S.A. sangers bly tops,ons dank aan God vir die spesiale talent vir 1 en elkeen van julle,lekker sing liefde

  • Ute Jordaan

    Baie, baie geluk Jay en Lianie en Riana.. Jan en Lianie is ‘n absolute wenkombinasie.
    Wens ek en my beter helfte kon dit bekositg om Pretoria toe te reis vir die Afrikaans is Groot-konsert.

  • Theresa van Rooyen

    Baie geluk Corne – trots op jou. Hier van Die Burger Oos-Kaap. Christo (Kilian) se jy moet darem vir Lianie eendag hiernatoe bring…