riana nel die regte tyd
Het jy gehoor?

Groot nuus vir Riana Nel

Riana Nel het vir die tweede keer platinumstatus bereik – dié keer vir haar nuwe album, Die regte tyd, wat 10 weke gelede vrygestel is.

Riana het in 2012 ook platinumstatus bereik vir haar album Die moeite werd. Dié keer het sy binne net 10 weke meer as 40 000 kopieë van Die regte tyd verkoop.

Afrikaans is Groot het dié goeie nuus op Twitter gedeel.

Die sangeres van treffers soos “Timbuktu” en “Dans” het reeds groot sukses met die nuwe album behaal – haar lied “Tweede kans” het al selfs die nommer-een-posisie op GrootFM se trefferlys behaal.

Geluk met die groot platinum, Riana!

Nóg oor Riana Nel op SARIE.com