img_1009
Het jy gehoor?

Finale trekking en ‘n groot paartie in Kaapstad

Daar word op Vrydag, 4 Desember behoorlik paartie gehou in Kaapstad met die finale trekking van die 2010 Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi. Dié trekking gaan bepaal watter 32 spanne vir die Wêreldbeker kwalifiseer asook waar en teen wie hulle gaan speel.

Die trekking, wat deur sowat 150 miljoen mense in meer as 200 lande gesien gaan word, vind plaas in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) en meer as 15 000 internasionale gaste gaan daar wees, waaronder sterre soos Charlize Theron en die sokkerspelers David Beckham en Cristiano Ronaldos.

Kyk net hoeveel mense en tyd het dit gekos:

3 254 mense was betrokke by die reëlings:

- 1 587 veiligheidswagte

- 400 personeellede van die gasheerstad

- 80 vermaaklikheidskunstenaars

- 500 werkers van kontrakteurs

- 380 vrywilligers

- 110 mense in die reëlingskomitee

- 207 Fifa-personeellede



* Dit het omtrent ‘n jaar se voorbereiding geneem.

* Die stel waarop die trekking gaan plaasvind, bevat sowat 6,5 ton staal.

* Dit het 5 000 uur se produksietyd gekos om beeldmateriaal vir die uitsending reg te kry.

* 18 Uitsaai-eenhede gaan gebruik word om die program na meer as 200 lande lewendig uit te saai.