Het jy gehoor?

Grys George Clooney…

Kyk die snor en die grys hare! Die sexy George het nou ‘n anderse styl, en van ons hoop heimlik dit is net vir die fliek…

George Clooney is die regisseur van The Monuments Men, ‘n nuwe fliek met Matt Damon. Hulle het die afgelope week in Rye, Oos-Sussex, Engeland geskiet. Aanhangers was verras to Clooney en Damon in ‘n ruskansie by die Cambridge-gimnasium basketbal gespeel het.

“Hulle was só vriendelik! Hulle het met almal gesels, en saam foto’s geneem, maar niks verklap oor die film nie,” het ‘n ooggetuie aan E! News vertel.

Wat dink jy van Clooney se nuwe snor- en haarstyl?

Kyk na ‘n video van The Monuments Men